Jan Gun is ‘n elektroniese bobbejaan- en roofdier verskrikker. Hy het homself bewys as so effektief vir roofdiere dat hy nou ook die Skaapwagter is.
Jan Gun vervang die vorige Skaapwagter 1, 2 en 3 modelle. Diens en herstel van vorige modelle word steeds gedoen, en die roofdier afweermiddel spuitbotteltjies is steeds beskikbaar.
Sien video:
KENMERKE:
- SIGBAARHEID: Kan van ver gesien word, en vertoon realisties, veral wanneer jy sy klere gereeld verander. Kragtige skietlamp bied uitstaande sigbaarheid in die donker op lang afstande tot 30km. Roofdiere en voornemende diewe word afgeskrik, want dit lyk en klink of iemand besig is om in die nag te jag.
- BEWEGING: Jan Gun maak gereeld ‘n draaibeweging, en die frekwensie van beweging is verstelbaar.
- KLANK: Volume is verstelbaar. Kragtige weerbestande luidsprekers en ‘n kragtige klankversterker lewer suiwer en realistiese klank.
- INTERAKTIEF: Jan Gun gaan outomaties in “COMBAT MODE” wanneer sy beams gebreek word, en stel jou in kennis met ‘n sms wanneer dit gebeur. (“HIER IS GROOT K#K JY MOET DADELIK KOM”)
VERSTELLINGS:
- “STANDBY MODE” Jan Gun praat en beweeg en skiet met reëlmaat ongeveer elke 15 minute.
- “ALERT MODE” Jan Gun is baie aktief, hy praat, skel, beweeg en skiet ongeveer elke 10 minute.
- “COMBAT MODE”
Indien beams gekoppel is: word geaktiveer wanneer beams gebreek word.
Indien beams nie gekoppel is nie: word geaktifeer elke 5 minute.
Beams kan tot 100 meter ver opgestel word in verskillende rigtings.