Prys

Jan Gun se prys is R 31,000.00 plus BTW. Volledig met sonpaneel, slegs die battery en klere is ekstra.

Jan is sowat 1.8m hoog sonder die voetstuk boks en sy lyf is gemaak van sterk glasvesel so hy is ontwerp om baie jare te hou.

Jan se klank toerusting is kragtig met n 500w klankversterker en twee waterbestande Marine luidsprekers in sy lyf.

Jan is maklik verskuifbaar en ons beveel aan dat sy posisie gereeld verander word, minstens een keer per week indien moontlik.

KLIENTE TERUGVOERING:

“Ons gebruik Jan Gun om ons gewasse teen bobbejane te beskerm op ‘n plaas in die berge in die Beaufort-wes distrik. Jan Gun is in posisie by die lusern lande wat nie te ver vanaf die kranse is waar die trop slaap nie. In die oggende vertrek hulle vroeg en gaan elders, sonder om die lusern te besoek vir ontbyt soos wat hulle altyd gedoen het.”
– Jonathan Taylor, Landmark Foundation.

“Al die bobbejane hol ‘n lyn!! Ons het al n paar mooi stories. Jan Gun doen regtig sy deel vandat ons hom ontvang het in Augustus 2020 en het ons van groot skade gespaar. Ons wil asb nog twee bestel want Jan kan nou nie oral wees nie!”
– Maryke van der Val, Barko Investments, Lydenburg, Mpumalanga.

“Jan Gun werk uitstekend! Ons gebruik hom om boorde appel en peerbome op die plaas te beskerm. Alle bobbejane is weg en bly op die langtermyn weg uit die omgewing terwyl Jan Gun daar staan.”
– Johan Fourie, GA & J Boerdery, Sunnyside plaas, Noll, Langkloof.