SIGBAARHEID: Kan van ver gesien word, en vertoon realisties, veral wanneer jy sy klere gereeld verander. Kragtige skietlamp bied uitstaande sigbaarheid in die donker op lang afstande tot 30km. Roofdiere en voornemende diewe word afgeskrik, want dit lyk en klink of iemand besig is om in die nag te jag.
BEWEGING: Jan Gun maak gereeld ‘n draaibeweging, en die frekwensie van beweging is verstelbaar. Jan se krag kom van ‘n 12V battery wat deur ‘n sonpaneel gelaai word.
KLANK: Volume is verstelbaar. Kragtige weerbestande luidsprekers en ‘n kragtige klankversterker lewer suiwer en realistiese klank.
INTERAKTIEF: Jan Gun gaan outomaties in “COMBAT MODE” wanneer sy beams gebreek word, en stel jou in kennis met ‘n sms wanneer dit gebeur. (“HIER IS GROOT K#K JY MOET DADELIK KOM”)
VERSTELLINGS:
“STANDBY MODE” Jan Gun praat en beweeg en skiet met reëlmaat ongeveer elke 10 minute.
“ALERT MODE” Jan Gun is baie aktief, hy praat, skel, beweeg en skiet ongeveer elke 5 minute.
“COMBAT MODE” Word geaktiveer wanneer beams gebreek word. Beams kan tot 100 meter ver opgestel word in verskillende rigtings. Die beams is optioneel saam met Jan Gun